Die 25ste Randfontein Skou het die 2de Maart tot 5de Maart plaasgevind by die Greenhills Sport Stadium. Randfontein Skou is die vierde grootste skou van sy soort met exhibition spasie wat oor 5 sportvelde strek, en bied aan uitstekende fasiliteite en infrastruktuur vir 90 000 skou besoekers en 500 exhibitors.
Die Skou se besoekerstal groei elke jaar en gastehuise en privaat wonings van die dorp word as akkommodasie gebruik vir ons talle gaste en besoekers.
Die Kuierskuur het weereens die skoubesoekers se voete laat jeuk met die Boeremusiekgilde se verskeie orkeste wat teen mekaar meegeding het en die Klipwerf Dansorkes wat Saterdagaand, 5 Maart op getree het. Vonk musiek bring verskeie kunstenaars wat in almal se smaak val soos Ricky Faber, Juan Boucher, Stompdraai, Zandre, Anel, Hans Drommedaaris en nog meer.
Muzizel is op die oomblik besig om onderhoude en meer interessante artikels te doen op Vonk Musiek se kunstenaars. Wees op die uitkyk daarvoor.
Vir verdere inligting, kontak die Skou Kantoor by 011 412 2878, 011 412 1562, 087 808 5974 of besoek die webtuiste op www.randfonteininfo.co.za.
No comments:
Post a Comment