05 January 2011

ekhouvanjou,okay! 10 Vinnige Vrae

ekhouvanjou,okay!  
1)      Wat is jul band se naam? Hoe het jul by die naam uit gekom?
       ekhouvanjou,okay!
       Die naam het gekom toe Roux en Arno eendag rond  gery het in die kar en net random sinne rondgegooi het. 


2)      Wie is jul band members, naam, ouderdom en instrument?
       Ruan Kruger - Kitaar (25)
       Raptor - Raps (23)
      Roux Cloete - Sang (20)
      Arno Autotune de Beer - Sang en drums (19)
      Francois FrankAttack de Klerk - Production (20)

3)      Wat is jul aim met jul songs en lyrics?

Ons wil net he iemand moet na n crap dag by die huis kom en smile na hul ons tunes luister, of ten minste net n goeie tyd kan he enigetyd!

4)      Wie is jul teiken groep?

Ek dink ons maak musiek wat enige persoon met enige flavour sal kan like, dis nie net een genre nie, dis sekerlik appealing vir heelwat markte

5)      Watter spesiale verhouding het jul met Straatligkinders?

Een van ons members is in Straatligkinders (Ruan Kruger) en een van ons members manage Straatligkinders (Raptor). Ons kyk ook gereeld rugby by Bennie se huis. Hy het n groot TV.

6)      Watse genre van musiek is jul? Wie is jul grootste invloede in die musiek bedryf?

Ek dink nie ons het regtig n genre nie, dis maar dans gekombineer met n lekker langpad treffer. Ons musiek is als te danke aan die amazing produksie werk van Francois FrankAttack de Klerk.

7)      Wanneer het jul jul band begin? Wat het jul geinspireer om saam musiek te doen?

Ek (Raptor) wou al van begin van 2010 af n band saam Ruan Kruger begin. Maar ek wou he dit moes fun en snaaks en dancy gewees het. Hy het toe voorgestel dat ons die ander 2 manne nader, gelukkig het hul ingestem, want ek kan glad nie sing nie.

8)      Het jul n record label? Is jul lede van enige ander musiek organisasies?

Ons het nie tans n label nie, maar werk aan n paar opsies vir ons album release date in April.

9)      Hoe kan jul fans jul musiek kry?

Al ons huidige tunes is heeltemaal verniet op www.ekhouvanjoukay.co.za. Ons deel dit met julle. :)

10)   Wat wil jul he moet op Muzizel verskyn word in die toekoms, en wat is jul impression oor 
 die blog?

Die page is lekker! Well done dat jul nog gate vul in die bedryf :) en BAIE DANKIE vir n awesome interview. Hoop ons maak gou weer so