07 April 2011

Randfontein Skou 2011 & Vonk Musiek

 

Die 25ste Randfontein Skou het die 2de Maart tot 5de Maart plaasgevind by die Greenhills Sport Stadium.  Randfontein Skou is die vierde grootste skou van sy soort met exhibition spasie wat oor 5 sportvelde  strek, en bied aan uitstekende fasiliteite en infrastruktuur vir 90 000 skou besoekers en 500 exhibitors.
Die doel van die skou is om ons dorp, Randfontein, te bemark en ontspanning en vermaak aan die gemeenskap te bied.  Vriendskappe word weer hier herbou – geen wonder die Randfontein Skou staan ook bekend as die lekkerste “Kuierskou” in die land nie.
Die Skou se besoekerstal groei elke jaar en gastehuise en privaat wonings van die dorp word as akkommodasie gebruik vir ons talle gaste en besoekers.
Die Randfontein Skou is beslis die voorloper in die aanbied van ‘n verskeidenheid vermaak en bied iets vir almal aan, van die kleinste kleuter tot by oupa en ouma.  Die Mej Randfontein Skou en Mej Tiener Kroningsplegtigheid  is beslis ‘n groot aantrekkingskrag die eerste aand van die skou, Mej Bene, Mej Persoonlikheid, Mej Etiket en Mej Fotogenies word ook op hierdie aand aangewys.  Op Saterdag, 5 Mrt word die “Little Miss Randfontein” kompetisie  in die Foodcorp Skousaal aangebied en groot pryse kan hier gewen word.  Ander kompetisies waaraan die publiek kan deelneem is o.a. die baba -, pom pom & chearleaders -, dans -, battle of the bands – en die beste boerewors (slegs slaghuise van Randfontein & Westonaria).   Die Powerplay Sterkman Kompetisie word ook weer aangebied – kom kyk gerus hoe die sterkmanne mekaar opkuil.
Die Kuierskuur  het weereens die skoubesoekers se voete laat jeuk met die Boeremusiekgilde se verskeie orkeste wat teen mekaar  meegeding het en die Klipwerf Dansorkes wat Saterdagaand, 5 Maart op getree het.  Vonk musiek bring verskeie kunstenaars wat in almal se smaak val soos Ricky Faber, Juan Boucher, Stompdraai, Zandre, Anel, Hans Drommedaaris en nog meer.
Muzizel is op die oomblik besig om onderhoude en meer interessante artikels te doen op Vonk Musiek se kunstenaars. Wees op die uitkyk daarvoor.
Vir verdere inligting, kontak die Skou Kantoor by 011 412 2878, 011 412 1562, 087 808 5974 of besoek die webtuiste op www.randfonteininfo.co.za.

No comments: