04 March 2011

Straatligkinders – Ruan Kruger,
Drum Endorsement

Ruan Kruger (Moses Metro Man)
Ruan se unieke drom stel

Wat maak n band uniek? Is dit die musiek? harmonie? Die lirieke? Watter impak het die lede op die sukses van die band? Op die einde van die dag, bepaal spanwerk die sukses van die bands nie waar nie? In meeste gevalle ja maar individuele suksesse kan egter nie buite rekening gelaat word nie.
 
In Ruan Kruger is Straatligkinders en MosesMetroMan geseen met een van daai individuele sukses stories.
 
Ruan speel al vir ses jaar dromme en het sonder enige formele opleiding homself as een van die voorste 'drummers' in die land gevestig.
Een van Ruan se vele lewens filosofië is net om homself te geniet terwyl hy speel.
 
“Dit is soos wanneer jou ouers jou groot maak. Op die ou end leer hulle jou, jou fondasie,maar jy ontwikkel in jou eie unieke self,” het hy in n eksklusiewe onderhoud vertel. Daar is volgens hom ook baie voor- en nadele in die feit dat hy nie formeel in dromme opgelei is nie. "Ek mis hier en daar uit op van die teoretiese details, maar aan die anderkant het dit gemaak dat ek my eie styl ontwikkel en ek dink dit is juis dit wat my van ander 'drummers' in SA onderskei."
 
"Dit is vir my belangrik om die approach na n sekere song toe deur te dink en met n bree raamwerk in die ding in te gaan. Ek speel nie net alles uit my kop uit nie so in daai sin is daar baie voorbereiding wat gepaard gaan met ons live shows en wanneer ons songs skryf", se Ruan.
 
Hierdie professionele ingesteldheid van hom het gelei tot een van die grootste aande in sy loopbaan tot op hede. Die aand wat hy sy custom designed SPAUN drumkit by die lughawe gaan oplaai het. Ruan is op hierdie stadium die enigste 'drummer' in SA met n volle endorsment van hierdie Amerikaanse maatskappy en die hele proses het langer as n jaar gesloer van ontwerp tot aflewering. "SPAUN het my Carte Blanche gegee met die ontwerp van die kit, van die soort hout wat gebruik is tot die kleur van die afwerkings", het hy gese.
 
Die endorsment het gekom nadat Anton Stella, eienaar van Music Connection in JHB vir Ruan genomineer het daarvoor tydens verlede jaar se MK Awards. Hy was ook die middelman tydens al die onderhandelinge en het in hierdie geval soos n agent opgetree om hierdie Ruan Kruger/SPAUN colab moontlik te maak.
 
"Toe Anton my die eerste keer vertel het daarvan kon ek my ore nie glo nie! Dit was die tweede beste aand van my lewe nou dat die aand van die delivery dit verby gevat het. Ek was totaal oorstelp van vreugde. Al my harde werk oor die jare was in een oomblik gejustify!"
 
Soos voorheen genoem het hierdie endorsment vir Ruan die geleentheid gebied om sy eie stel dromme van die vloer af op te ontwerp wat dan deur Brian Spaun van SPAUN DRUM in die VSA vervaardig sou word. "By Spaun Drum, glo hul in aanhoudende invloed van elke drom wat deel is van die finale ‘sound’.  Spaun Drums beskryf dit as sulks: “Every step of the way, there is a heart and soul, an energy, that is crafted into each SPAUN drum.”



Ruan in aksie tydens n onlangse video shoot vir MosesMetroMan
  "Ek het in die ontwerp van die dromme probeer om bietjie van my persoonlikheid oor te dra en mense wat my goed ken sal se dat die eindresultaat my goed reflekteer. Hierdie geleentheid het my nou verder aangespoor om myself in my kuns te verbeter om die vertroue wat SPAUN in my gesit het met n paar awesome shows terug te betaal!"






Ruan is nie net deel van Straatligkinders nie, maar is ook drom speler vir Ekhouvanjou,okay! en Moses Metro Man.
Baie cool bands, maak seker jy check hul uit!

Vir meer inligting oor ‘drum endorsement’ en Music Connection, gaan besoek hul web-adres:
 (Moses Metro Man Fotos:  Reandi Schutte)

No comments: