04 March 2011

“HARD ROCK & METAL GOES ACOUSTIC “


                                                                                                          
                                                                                                          

Op ‘n ‘rainy’ Woensdag aand, was daar baie min mense wat die volgende sou kon voorspel het.
23 February, in Elardus Park, PTA het n show gebied;  “HARD ROCK & METAL GOES ACOUSTIC “.
Die ouens van Chromium, 7StukkeSilwer, Wake to Wonder en VanDiensAf het dit afgepull. Die fans wat daar was, het huis toe gegaan met ‘n nuwe liefde vir die twee genre’s.
7 Stukke Silwer

7 Stukke Silwer


















Na ‘n lekker vinnige soundcheck, wat baie ongewoond is vir rock bands,  was Afrikaans rockers, 7StukkSilwer, eerste op. Toe daai eerste snaar geraak is, het dit gelyk  soos ‘n vloed wat by Café Barcelona se deur in vloei, met fans wat nie ‘n halwe idée het wat om te verwag nie.
“Great Success” was een van die eerste woorde wat geskreeu is na “Emosie belaaide oorlog’s kreet”, wat oorspronklik ‘n baie harde song is.
Teen die einde van hulle set, het die crowd se monde op die vloer gehang. “Wie sou gedink het ‘n harde band kan actually so melodic klink.” Was ‘n response van die gehoor af.
Tweede was Wake to Wonder op die verhoog, en met ‘n mixture van ‘n engel en ‘n grudge rocker se stem, het Adam Boyd, lead vocals, die hele venue laat luister na hulle songs, onder andere, hulle radio single, “Mr. Potato man”. Die band het die crowd aan hulle lippe laat hang, met elke akoord, met elke vers.
Wake To Wonder









Volgende was Vonk-toekening wenners, VanDiensAf, se beurt, en in plaas van hulle eie songs akoesties te maak, het hulle ons bederf met ‘n paar covers. Hulle het wel hulle debut track, “Hou my vas” so bietjie rustiger gemaak.
Van Diens Af










Laaste, maar (beslis) nie minste nie, was dit die groep waaroor almal gewag het, S.A. se beste Metalheads, Chromium, om ‘n lekker balans tussen Afrikaans en Engelse acts te maak vir die aand. Hulle het liefde gemaak met ieder en elk se ore, en tracks gespeel soos “The Last Time”, “World of lies” (hulle track vir die nuwe Night Drive movie) en “My Perfection” (van hulle nuutste, self-titled album af)
Chromium

Chromium


All in All, was dit ‘n sukses, en te danke aan RedRoom recording
studio, sal dit definitief nie die laaste van die “HARD ROCK
& METAL GOES ACOUSTIC “ shows wees nie.

Geskryf Deur: Justin Carl Barnard

2 comments:

Unknown said...

Hi Izelle, Baie Dankie vir die wonderlike "write-up" oor die show! Die sets van al die bands was voorwaar verfrissend. Wat 'n aangename aandjie! Van RedRoom se kant af, alle dank aan 7 Stukke Silwer, Van Diens Af, Wake to Wonder & Chromium - Musikante waarop SA trots kan wees! (Antionette)

Muzizel said...

Awesome :)
Laat weet my as jul nog goed in die toekoms wil post of interviews ens?