16 November 2010

7StukkeSilwer..

Ahoy... vir die van julle wat nie gister 7StukkeSilwer se berig in die JIP bylaag gekry het nie, gaan check op die website... (http://www.jip.co.za/nuus/Band-s-Genoeg) :

Die band 7StukkeSilwer het genoeg gehad - van rassisme. Clarissa Grobler het met die groep se sanger, Burger Nel, gesels oor die nuwe musiekvideo vir "Genoeg" en die betekenis agter dié song .

Burger vertel dat hy "Genoeg" anderhalf jaar gelede geskryf het nadat hy keelvol geraak het vir rassisme.
"Ek het een dag net genoeg gehad van rassisme in die land en die liedjie begin skryf. Ek dink die video wat ons vir die liedjie gemaak het, beeld uit hoe ons die woord wil versprei."

Die musiekvideo was groot pret om te skiet, vertel Burger, al het die weer nie heeltyd saamgespeel nie.

"Dit was 'n wonderlike ervaring en ons was baie betrokke by die skepproses . . . Ons het tonele op die dak van 'n gebou opgeneem en toe bel mense van die gebou oorkant die veiligheidswagte om ons te vra om stil te bly . . ."

Deel van die video sluit lede van die parkourgroep PKJozi in wat optree.

Wat die liedjie betref, het 7StukkeSilwer ook 'n veldtog teen rassisme op Facebook begin, met die groep "Genoeg/Enough".
"Rassisme is outyds en ons is moeg daarvoor," sê Burger.

Dit is nie die eerste keer dat die groep belangrike kwessies in die samelewing takel nie.
In die video vir sy song "Verander vir ander" raak die lede ook die issue van vrouemishandeling aan.
"Ons het grootgeword met musiek wat ons geïnspireer het en nou het ons 'n platform om boodskappe uit te dra en issues aan te vat," vertel Burger.

Hulle het onlangs ook 'n musiekvideo vir die song "Gevangene" opgeneem.
Dié song, vertel Burger, handel daaroor om in 'n verhouding vasgevang te wees.

"Ons het tydens die opname van ‘Genoeg' se video reeds 'n paar band shots opgeneem en toe het ons besluit, hoekom pak ons nie nog 'n video aan nie?

"Die video gaan oor 'n ou wat deur sy meisie onderdruk word, oor sy struggle en hoe hy uiteindelik uit die verhouding wegbreek."

Die band het onlangs op sy Twitterblad aangekondig dat hy in die voorvertoning van die oorsese groep Seven Year Kismet gaan speel, iets waaroor die lede volgens Burger baie amped is. Daarby beplan die groep 'n vollengte-album vir volgende jaar.

"Ons klank het beslis ge-mature vandat ons die EP in 2009 uitgereik het," vertel Burger.
"Ons musiek op die nuwe album gaan 'n mengelmoes van elemente wees, ek dink die ouens wat harder musiek verkies, sal daarvan hou, en dié wat minder harde musiek verkies, sal ook daarvan hou."

Dink hy dit is soms 'n gamble om swaarder musiek te maak?
"Ek dink dis dalk in die huidige scene bietjie van 'n gamble, veral omdat electro tans so gewild is. Ons is gelukkig in die posisie dat ons musiek maak en skryf vir die liefde daarvan. Ons probeer so ver moontlik true wees aan onsself."



Lees meer oor die groep op Twitter, Facebook en www.7stukkesilwer.com.

Die ‘band'Burger Nel: sang en kitaar
Nico Nel: sang en bass
Jaco van Deventer: lead guitar
Peter Weilbächer: tromspeler

No comments: