Na die LANG afwagting....
Leer ken ons SA se nuwe 'upcoming' band,
Groot Oom John Tenoor
Leer ken ons SA se nuwe 'upcoming' band,
Groot Oom John Tenoor
MZ: Wat is jul band se naam? What is die origin van jul naam?
Groot Oom John Tenoor
Groot Oom John Tenoor is ‘n karakter wat werklik bestaan. Ek glo nie hy weet eers dat die band na hom vernoem is nie. Hy dink ook hy is ‘n held soos Zorro, behalwe met minder klere.
MZ: Noem die name, ouderdom en instrumente van elke lid in die band.
Quintus de Beer (25) - Voorman en ritmekitaar
De Wet Kruger (24) - Baskitaar en agtergrondstem
Tertius Human (24) - Leidende kitaar en agtergrondstem
Joe Evenwel (22) - Oom Dromme
MZ: Watse genre van musiek is jul? Wie is jul grootste invloede in die musiek bedryf?
Afrikaanse melodieuse pop-punk!!! Ons hou daarvan om te dink dat ons pop-musiek op steroids is!
Blink, Greenday, Billy Talent, Rise Against, Madonna, Backstreet Boys, Tweak, Beeskraal, Anton Goosen
MZ: Hoe lank ken jul almal mekaar? Hoe het jul ontmoet?
Ek (De Wet) het saam met Tertius op Hoërskool band gespeel en mal gegaan waarna ons paaie geskei het omrede ek universiteit toe is. Daar het ek vir Shaggy (Quintus) ontmoet, want hy was my senior. Hy het my gewoonlik geboelie om sy kamer skoon te maak en dis toe ek uitvind dat hy kan kitaar speel en noot hou! Die jaar daarna het Joe in ons koshuis gekom en hy was die beste drommer op daardie dag. Op die wyse het ons as 3 lede gespeel vir ‘n jaar tot ons besef het dat ‘n EP nodig is om verder te gaan. Dis toe dat ons Tertius nader, omdat hy ook die beste soundengineur is op my foon kontakte!!! Met groot sukses het ons 3 en ons klankman saam perform totdat ons hom begin jammer kry het, en hom deel te maak van die legendariese Groot Oom John Tenoor as ons heel eerste leidende kitaarspeler.
MZ: Wanneer het jul jul band begin? Wat het jul geinspireer om saam musiek te doen?
Alles het begin in 2007 (De Wet, Shaggy en Joe)
2009 Tertius join
Vriendskap, Liefde, Fun en Groot Oom John Tenoor
MZ: Het jul n record label? Is jul lede van enige ander musiek organisasies?
BIG-BOY RECORDS
MZ: Waar het jul al opgetree? Wat is jul awesomste en minder awesomste venues waar jul al opgetree het? Enige shows wat ons kan weet wat opkom?
Wow, ons het ‘n groot jaar beleef in 2010 in het opgetree by die feeste: Aardklop en Inniebos
Ons het ook opgetree by Roxy’s, back2basics, Hatfield Square, East Rand Mall, Firkins om ‘n paar op te noem...
MZ: Watse songs sing jul gereeld? Speel jul ander covers?
Dit hang ook maar af hoe mal doe mense is, en hoe lank ons op die verhoog het.
Hier is ‘n kort opwindende line-up vir ‘n mal 50min slot:
· Skattebol
· Man in die huis
· Sonskyn
· 30 jaar later
· Greenday – When I come around
· Oops! (Mal Britney punkified song)
· Baby Tjoklits
· I want it that way (Mal Backstreet medley)
· Dis hoe dit gaan
· Wag in die reën
Met nog so twee of 3 verrasings om al jou behoeftes te bevredig!!!
MZ: Wie skryf jul songs? Wat is die hoof tema van jul musiek? Sal die tema verander?
Shaggy kom gewoonlik op met ‘n opwindende konsep, waar ons dan met oefening ons influences laat saamsmelt. Ons is meestal trots op mekaar (en veral op Joe) na so sessie!!
Ons songs handel baie oor alledaagse liefdestelleurstellings waarmee almal hul kan vereenselwig. Dit is ook opbouend en laat mens op ‘n energieke manier baie goed voel!!
Ons is jonk en baie lus vir die uitdagings wat die lewe bied. Ek glo ook dat ons mark saam met ons sal groei in ‘n revolusionêre manier, maar ons sal altyd daardie opwindende melodieë en energieke kitaarklanke verskaf wat ons hoendervleis gee!!!
MZ: Hoe is jul rehearsals gewoonlik? Het jul n vaste tyd elke week waar jul oefen of is jul rehearsels meer spontaan?
Ons probeer by ‘n roetine bly omdat almal nog “day-jobs” het en redelik besig kan word, maar as dit gig-tyd word druk ons mekaar om meer tyd in die oefen-studio te kry. As ons oefen sonder ‘n groot show in sig, noem ons die maar ‘n kuier!!
Wanneer ons ernstig raak in oefening en crunch-time nader kom, is oefening krities en doelgerig.
MZ: Wat was die grooste uitdaging as n band saam? Kon jul verby die uitdagings kom? Indien so, hoe?
Om ‘n suksesvolle band te word, is daar stappe wat jy sal moet volg om iewers te kom. Elke stap is ‘n nuwe uitdaging op sy eie. Vir arm dudes soos ons moes ons elke stap met mening gevolg het om te kom tot waar ons nou is. Ons hou ook daarvan om onsself nederig te hou deur vir mekaar te sê dat ons eintlik nog niks bereik het nie. Op die manier bly ons gemotifeerd vir die volgende splinternuwe uitdaging!!
MZ: Wat is jul "ultimate direction" vir jul band? Is jul opsoek na "fame and fortune"?
Ons is ‘n band wat heeltyd hoër hoogtes probeer bereik, en na ons shows, met ons fans wil kuier. Ons wil altyd nuwe mense ontmoet en nederig bly in dit wat ons bereik. Ons musiek is ons fans s’n!!
MZ: Hoe kan jul fans jul musiek kry?
Wel ons album is beskikbaar in alle groot CD-handellaars (Super-CD, Musica, Look & Listen ens.)
Ook op www.myspace.com/grootoomjt
Op ons kleurvolle website www.grootoom.co.za kan demo tracks gehoor word, asook nog persoonlike info oor die bandlede en die gig datums.
Ons is ook op Facebook www.facebook.com/grootoom waar fans met die lede kan kommunikeer en gig-versoeke geplaas kan word.
MZ: Wat wil jul he moet op Muzizel verskyn word in die toekoms?
In SA is daar omtrent 5 bands wat alle aandag trek en Ons sal graag wil hê dat meer upcoming bands en ook solo artists meer blootstelling gegee kan word en Muzizel Blog is die perfekte basis vir so iets.
Dit kan ook cool wees om ons eie musikante te kry om te kan opinie lewer oor nuwe musiek en artists.
No comments:
Post a Comment