11 January 2011

7 StukkeSilwer - Leer ken hul Manager, Justin Barnard

Justin Barnard
Justin Barnard (7 StukkeSilwer)

Dit het my meer as 2 jaar gevat om te besef wat ek kan bydra tot die industrie, nadat ek daai heel eertse 7STUKKESILWER  gesien, by Mahloney’s, Hatfield in 2007. Ek het spontaneously, if I might add, hulle manager/booking agent geword in 2009.
Ek en Christiaan (ex-drummer van 7STUKKESILWER) was universiteits vriende, en het vriende geword met die res van die band (Burger, Nico en Jaco)  het nooit ‘n show gemis nie, mens kan se ek was amper ‘n “roadie” vir hulle.
Ek het mense ontmoet wat vriende was met die elite van die Kaapse en Jo’burg bands. Het event organiseerders, venue eienaars, recording studios, ens leer ken.

Justin Barnard
“Ek is ‘n muso, nie een wat musiek maak nie, maar een wat passie het vir die bedryf”.

Verskeie mense het my al gevra hoe voel dit om so hard te werk, en die band kry al die recognition? But on the contrary, is dit die band wat al die harde werk doen, die resultaat is, dat shows in my skoot val vir hulle. My verantwoordelikheid is om seker te maak die band weet waar hulle volgende moet wees, wanneer hulle wat moet doen, en die res van hul verantwoordelikhede.
Met die tyd het “Silwer Productions” ontstaan, om te verseker dat ons so ver moontlik independent bly. Silwer Productions is basies die besigheids kant van die bedryf. Al vier band members plus myself en Ronelle Hendriks vorm deel van Silwer Productions, en maak seker dat die sponsorships, media relations, video- en photoshoots, groei saam met die band.

2 comments: