07 April 2011

HipHopKop....SA



So ons het nou al 90 inskrywings gehad wat behoort te wys hoe gewild Afrikaanse hip-hop nou rerig is.  Ons was al op teevee en radio en in koerante en tydskrifte en selfs hierdie inter-web ding wat almal so van praat.  So jy’s ‘n ster net omdat jou song op hierdie bladsy is.
So die beoordelaars,  EJ von Lyric, DJ Azhul en Gian Groen het as volg besluit oor die mense wat gaan deelneem aan HipHopKop by die KKNK:
• Cream
• JBux en Schaik
• Hakkiesdraad Hartman
• Ill Huminatie Getuies
• Lee-Ursus
Die public vote wenner is:
• Slim X
Wie gaan wegloop met kroon?
Cream (Kuilsrivier)
Die “Kuila se eie MacGyver” is al ’n plaaslike held in Kuilsrivier. Cream het eers naam gemaak as deel van die bekende Bruinstormaz groep, wie se musiek al in die Hype Mag ge-feature was. Cream se solo track, Believe The Hipe, het hom ook die titel as Unsigned Hype gewen. Cream wen gehore oor met seepgladde flows en klipharde punchlines.
LUISTER: CREAM


Jbux & Schaik (Port Elizabeth)
Schaik en Jbux is afkomstag van King williams town en Port Elizabeth. Die twee perform meer as tien jaar en se hulle word aanskou as een van die leaders van die hip hop movement in die oos kaap.
LUISTER: SCHAIK & JBUX


Hakkiesdraad Hartman (George)
Hakkiesdraad Hartman se “Ek is n gebore Suid-Kaapenaar met n liefde vir skryf. Hip-Hop het my eerste voertuig geraak. My liefde vir Hip-Hop hoop ek word beskryf deur my verse. Ek word geinspireer deur alles om my. Positief en negatief. My enigste fokus in die lewe is om van armoede onslae te raak…”
LUISTER: HAKKIESDRAAD



Ill-Human-Nati Getuies (Belhar) 
Ill-Human-Nati Getuies are made up of Dmus & Maniak and have been together for two years now and have performed all over Cape Town. They met at Cape Awake Records working on a compilation album called ‘Skrik Wakke’ and they’ve also worked with Emile xy and a band called Blackmarket and were the opening act for ‘the Wailers’ 02 Nov. 2009 They also performed at the Fifa Fan Parks.
Lee-Ursus (All Areas)
Lee-Ursus is liriese kapsaal, die skerpste lem soos sharpa pen, oftewel hezekiel sepeng, langafstand atleet met pen!
LUISTER: LEE-URSUS



Slim-X (Paarl) – PUBLIC VOTE
Earl Rafael Davids Rymklets al sedert 1997.Bly in ‘n huis vol HipHopKoppe met sy 2 siek beatmaker broers Sean-D & Ludick a.k.a the modern day Ludwig van Beethoven, X is die nuwe tipe siek, Punchlines, Flows die klong bringie drama soos Obama, het ook daai Romantiese flow wat droë panties nat hou en lewe Hip Hop 24/7….X is ‘n Rymklets Meesterbrein
LUISTER: SLIM-X



Die tweede rondte van die gewilde HipHopKop kompetisie vind oor twee dae plaas by die Absa KKNK op 8 en 9 April. 

Op 8 April sal daar ‘n vertoning wees by die Amfi-teater om 17h00 waar die ses nuwe finaliste sal kompeteer vir die HipHopKop-kroon.  Die vertoning sal ondersteun word deur DJ Azhul, Dokte en Hemelbesem.
Op Saterdag 9 April om 12h00 sal ‘n werkswinkel gehou word vir diegene wat meer wil leer oor hoe die musiekbedryf werk.  Dit sal gebeur by die Bridgton Sekondere Skool.
Dieselfde aand sal die finaliste die MK-verhoog deel met onder andere Tumi and the Volume en Brassie Vannie Kaap. Die HipHopKop vertoning sal ‘n showcase wees van beide die nuwe talent sowel as die wenner van die eerste rondte, Mc Cole.  Dokte, DJ Azhul en Hemelbesem sal weer daar wees.  Die wenner van die tweede rondte sal hier aangewys word.
Die eerste rondte van die kompetisie het plaasgevind by Artscape tydens die Suidoosterfees waar meer as 900 bewonderaars gesien het hoe Mc Cole met die kroon wegstap ondanks gedugte kompetisie.
HipHopKop is ‘n kompetisie waar daar gesoek word na die beste talent in Afrikaanse hip-hop.  Die kompetisie is laasjaar in November van stapel gestuur in Oudsthoorn.  Daar was 80 inskrywings vanoor die hele land by www.hiphopkop.com.
Die inskrywings reflekteer beide die talent en diversiteit van hierdie musiek genre wat so lank reeds poog om sy plek in die kollig te kry.
Die kompetisie word geborg deur Naspers met media borge Rapport en Die Son.

No comments: