08 April 2011

Dubway wen musiekkompetisie

Vonk Musiek, in Boksburg, in samewerking met Klipdrift, se suksesvolle "Battle of the Bands" het onlangs, in Carnival City se Mardi Grasteater, tot 'n suksesvolle einde gekom.

 

Uitdunne is die afgelope agt weke gehou en sowat 40 plaaslike musiekgroepe het vir die kompetisie ingeskryf.

"Dit was die derde jaar wat hierdie kompetisie aangebied is, en elke jaar groei dit net sterker," sê Reinhardt Massyn, van Vonk Musiek.

"Die doel van die kompetisie is om plaaslike talent bloot te stel en 'n geleentheid te bied om voor 'n gehoor op te tree."

Groepe van alle musiekgenres was tydens die kompetisie te sien - van jazz tot rock en punk.
Die algehele kompetisie is deur Dubway gewen, en hulle het met 'n kontantprys van R10 000, die vrystelling van 'n musiekvideo en 'n enkelspeler wegstap.

Die groep is vir die afgelope 12 jaar aktief, en sal hierdie jaar by Aardklop en Innibos te sien wees.

"Daar was sowat 350 gaste by die finaal en van die gaskunstenaars wat op die aand opgetree het, sluit in Joe F en Mrs B," voeg Massyn by.

"Die beoordeelaars was invloedryke mense in die musiekbedryf en het, onder meer, Lydia Winchester, Andr‚ Leibrand, Henry Brunnett en Riaan Groenewald ingesluit.
"Dié was meer as net 'n gewone kompetisie - die onderskeie groepe in die finaal het ook vokale opleiding ontvang."

No comments: